Daar is min dinge wat so lekker is soos om baie diere van naderby te beskou. Wat nog meer besonder is, is om dit in die nag te doen! Die dieretuin bied aan ons ‘n unieke geleentheid om in die nag na die nagtelike wandelaars te gaan kyk.
Die koste van die besoek beloop R50. Die besoek gaan begelei word deur ‘n gids, en in afrikaans aangebied word. Beide kinders en hulle ouers is welkom om die aangeleentheid met ons mee te maak. Trek asseblief warm genoeg aan.
Ons sal vir die kinders boereworsrolletjies braai – as enige van die ouers wil saamkom, bring vir jou braaivleis en eetgerei saam. Die inligting is as volg:
Waar: Pretoria Dieretuin – hoofhek
Wanneer: Vrydag, 30 April 2010
Tyd: 16h30 – braai vanaf 17h00 en begin met toer om 18h45.
Kinders kan om 21h00 afgehaal word.
Al wat jy nou moet doen is om te bevestig of jy saamkom of nie. Dit is baie belangrik dat jy aan Riana Stone by 082 882-3366 ‘n SMS stuur om te laat weet wie van jou gesin saamgaan, alternatiewelik kan jy die onderste strokie invul en by Anton van Wouw se kantoor ingee.
Enige betalings kan per direkte oorplasing na Dirkie Uys se bankrekening gemaak word: ABSA Spaarrekening 9080977955 met ‘n e-pos na finansies@dirkie-uys.co.za om die kommando te verwittig van die betaling. Sit asseblief jou naam en van as verwysing in. |